In ’n blou hemp het die bebaarde Barry Steenkamp langs sy vrou, June, gesit en met familievriende gesels.

Barry het die begin van die saak misgeloop omdat hy in Maart kort voor die aanvang van die saak siek geword het.

Oscar staan tereg weens die moord op Barry en June se dogter Reeva, ’n regsgegradueerde, wat sy meisie was.

Oscar se pa, Henke, is ook vandag ná ’n lang tyd weer in die hof.

- Sapa