Die Steenkamp-gesin het nog ’n terugslag ervaar nadat Barry, Reeva se pa, ’n paar dae gelede ’n tweede beroerte gehad het.

“Dit is ’n traumatiese tyd. Hy kan eenvoudig nie vorentoe kyk en die verhoor bywoon nie,” sê die Steenkamps se prokureur Dup de Bruyn.

Barry het einde verlede maand ook ’n beroerte gehad en is besig om by se huis in Port-Elizabeth aan te sterk terwyl sy vrou, June, Johannesburg toe vlieg.

Volgens Dup is June “baie emosioneel in hierdie traumatiese tyd”.

Oscar Pistorius se verhoor begin Maandag.