00031084

Kim Martin het die hof vertel dat Reeva haar niggie was en dat hulle ’n baie klein familie is.

“Reeva was die eerste baba wat ek ooit vasgehou het,” het sy gesê voor Barry sy kop laat sak en begin huil het. Sy vrou, June, het haar arm om hom gesit en sy kop gestreel.

Barry het vooroor gebuk en sy arms op die bank voor hom gevou en June het haar hand op sy rug gesit.

Oscar het in die beskuldigdebank afgekyk en het ’n brief aan sy verdedigingspan aangegee.

Kim is die eerste van moontlik vier getuies wat die aanklaer Gerrie Nel sal roep.