“Sy het saam met my gebid,” het hy vir die hof gesê toe die aanklaer Gerrie Nel hom oor die Christenskap-aspek van hul verhouding ondervra.

Sy het ook gebid om “ ’n beter mens te wees”.

Sy het gebid vir sy prestasie by atletiekbyeenkomste, waar die dubbel-geamputeerde ’n ster was op sy prostetiese koolstofvesel-“lemme.

Hy het Gerrie se beskrywing bevestig dat sy altyd vir die “klein goedjies” gebid het.

Gerrie het gesê hy vind die manier waarop Oscar Donderdag getuienis gelewer het “baie interessant” en het opgemerk dat Oscar se antwoord oor die manier waarop Reeva gebid het “nou my kruisondervraging middeldeur sny”.

Gerrie het toe dadelik Oscar se getuienis oor sy vrees vir misdaad weens sy eerstehandse ervarings en die ervarings van mense na aan hom gestel teenoor die feit dat daar geen teken van amptelike aanmelding by die polisie is nie.

Hy wou byvoorbeeld weet hoekom hy nie die diefstal van ’n televisiestel uit sy huis ná ’n reis aangemeld het nie.

Oscar het gesê hy het nie die diefstal aangekla nie, want hy was nie verseker nie en het nie gedink dit sou enige nut hê nie.

Hy het nie sy motor in sy motorhuis by sy huis in Pretoria geparkeer nie, want hy het nie gedink iemand sou iets daaruit steel nie, het hy op Gerrie se vraag geantwoord.

Hy het getuig oor voorvalle soos dat hy ’n man gehelp het wat langs die pad aangeval is en dat hy huis toe gevolg is.

Al misdaad wat by ’n polisiekantoor aangemeld is, was: “Ek het in 2009 ’n saak teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens gemaak vir wederregtelike inhegtenisneming,”  het hy gesê.

Hy het bygevoeg dat hy ook aangemeld dat “die polisie” horlosies uit sy huis gesteel het nadat Reeva geskiet is.

“Het jy ooit misdaad by ’n polisiestasie aangemeld?” het Gerrie gevra.

“Nee, ek het nie, U Edelagbare.”

Sy vriend Justin Divaris, wat gesê het hy het kontakte in die polisie, het ’n vergadering met die Valke gereël toe hy sê hy is in Desember 2013 aangerand.

Oscar het Reeva deur ’n toiletdeur by sy huis geskiet.

In sy borgtogaansoek het hy gesê hy het ’n verhoogde sin van vrees vir misdaad gehad toe hy die skote afgevuur het omdat hy gedink het daar is ’n inbreker in die huis. Hy word van moord aangekla.

Oscar word ook aangekla van drie oortredings van die Vuurwapenbeheerwet, een van onwettige besit van ammunisie en twee van die afvuur van ’n vuurwapen in ’n openbare plek.

Hy het na bewering in Januarie 2013 ’n skoot uit ’n Glock-pistool onder ’n tafel by ’n restaurant in Johannesburg afgevuur.

Op 30 September 2012 het hy na bewering met sy 9 mm-pistool deur die oop sondak van ’n motor geskiet terwyl hy saam met vriende in Modderfontein gery het.

Hy pleit onskuldig op al die aanklagte.

Gerrie Nel het Oscar ook Vrydag oor die skietvoorval op die snelweg ondervra.

Volgens Oscar het die insident in 2008 of 2009 plaasgevind terwyl hy ná ’n onderhoud op pad terug na Pretoria was.

Hy het getuig dat hy op die snelweg was toe ’n motor op hom afpyl. Hy het van baan verwissel en ’n swart Mercedes Benz het voor hom inbeweeg. Hy het die bek van ’n vuurwapen agter in die kar gesien.

Oscar het gesê hy het nie die polisie vertrou nie.

“Ek het nie die polisie vertrou om enigiets aan die saak te kon doen nie,” het Oscar gesê.

“Ek het nie vertroue gehad dat hulle enigiets daaromtrent kon doen nie. Ek kon my nie indink dat hulle enigsins kon uitvind wie dit gedoen het nie.”

“Ek het ’n knal gehoor en ek het ’n rooi-wit ontploffing gesien,” het Oscar gesê.

“Ek het geen idee waarom hulle ’n skoot in my rigting afgevuur het nie.”

Oscar sê hy was seker dit was ’n vuurwapen en nie ’n kamera se flits nie.

Gerrie het hom gevra oor ander motors op die pad tydens die insident en of hy ’n rusie met die bestuurder van die Mercedes gehad het.

Die atleet het gesê dat daar in alle waarskynlikheid ander motors op die pad was, maar dat hy nie kan onthou nie. Hy het ook gesê dat hy nie in ’n rusie betrokke was nie.

Oscar het verder gesê dat hy agterna by die restaurant Rhapsody’s geparkeer het en iemand gebel het om hom daar te kom haal.

“Wie het jy gebel?” het Gerrie gevra.

“Ek kan nie onthou nie,” het Oscar geantwoord.

Gerrie het gesê: “Jy kan nie aan die hof sê dat jy nie ná hierdie traumatiese insident kan onthou wie jy gebel het nie?”

Oscar het geantwoord dat hy nie kon onthou nie, en het bygevoeg dat sy regspan hom daaroor gevra het.

“Dit is so onwaarskynlik dat jy nie kan onthou wie jy gebel het nie . . . Dit is omdat dit nie gebeur het nie en dit is hoekom jy nie wil hê enigeen moet daaroor invra nie,” het Gerrie gesê.

Gerrie het gesê dat dit nie sin maak nie.

Oscar het geantwoord: “As ek kon onthou wie ek gebel het, sou hulle daaroor kon uitwei, maar ek kan nie onthou nie.”

Toe hy gevra is oor hoe hy weer in sy motor geklim het, het hy geantwoord dat hy dit ook nie kon onthou nie.

Oscar het saamgestem dat dit ernstig was, maar het gesê dat hy nie na die polisie gegaan het om uit te vind nie.

Gerrie het gesê dat Oscar se pa, Henke Pistorius, soortgelyke sienings gehad het wat hy aan die media bekendgemaak het.

Oscar het gesê dat hy nie gehoor het van wat sy pa gesê het nie. Maar hy was nie verbaas nie, want hy het grootgeword in ’n gesin waar die polisie ná ’n misdaad ontbied is, maar niemand is ooit in hegtenis geneem nie.