Sy’s Hollywood se goue meisie en kan skaars ’n voetjie verkeerd sit, maar Vrydagaand het dit alles verander.

Reese Witherspoon en haar man, Tim Toth (42), is albei in hegtenis geneem nadat Toth glo dronkbestuur het.

Die 37-jarige aktrise het glo ’n reuse bohaai opgeskop toe die polisie die paartjie op ’n hoofweg aftrek nadat hulle glo in ’n verkeerde baan gery het.

“Me. Witherspoon is gevra om in die motor te bly sit terwyl ons haar man ondervra, maar sy het geweier en gedreig dat ons hulle moet laat gaan, so nie sal hulle koerante toe hardloop,” sê die polisiebeampte wat die paartjie in hegtenis geneem het.

“Me. Witherspoon het gesê sy is ’n bekende en dat die gebeure op elke voorblad sal wees.”

Reese is in hegtenis geneem weens  wanordelike gedrag en is later die aand vrygelaat.

Albei verdagtes kom vandag weer in die hof voor.

-Bang Showbizz