Dié 39-jarige lyk altyd goed, of sy nou sommer net rondloop of die rooi tapyt betree om een van haar rolprente bekend te stel. Gedurende ’n geselsie met die Amerikaanse weergawe van Harper’s Bazaar het Reeze haar hart oopgemaak en vertel van sommige van die items wat sy moet hê.

Lees ook: Kyk: Bekendes wys met dié foto’s hulle is ook maar net mense

“Ek vul my Saint Laurent Du Jour-sak met ’n Chia-stafie, ekstra kougom en drie verskillende lipstiffies,” het sy laggend vertel. “Helderkleurige Nars-lipstiffies is my gunsteling-skoonheidshulpmiddels.”

Reese steun nie net op ’n lipstiffie om haar voorkoms op te kikker nie; sy hou ook daarvan om verskillende soorte ooggrimering te beproef, en daar is een besonderse produk wat help dat haar blou oë uitstaan.

“Nog ’n noodsaaklikheid vir my grimeertassie: Ek gebruik altyd Tom Ford-oogomlyner in Metallik Mink,” het sy bygevoeg.

Dié Oscar-wenner maak ook seker dat sy heerlik ruik waar sy ook al gaan, en sy het onlangs Aerin Lauder se Amber Musk eau de perfume ontdek.

“Daar sonder gaan ek gaan nêrens heen nie.”

Wat klere betref, weet Reese presies waarvan sy hou, want sy het haar eie modereeks, Draper James, in Mei verlede jaar van stapel gestuur.

Lees ook: SA bekendes sê of hulle dink lyfhare aan mans moet bly of gly

“Ek kan nie genoeg Draper James-denimhemde hê nie; dit pas by alles!” het sy gesê voor sy erken het dat sy ook ’n bietjie verslaaf is aan skoene.

“My kas is vol skoene – veral dié van Gianvito Rossi – in verskeie kleure en met 75 mm-hakke (en) ek is dol oor die pragtige kantrokke en bedrukte materiale van Erdem. Dit was hierdie seisoen een van my geliefkoosde versamelings.”

© Cover Media