Hoewel daar ’n goeie kans op reën in dele van die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal is, het die weerdiens ook ’n waarskuwing uitgereik vir ’n baie hoë brandgevaar in dele van die Noord-Kaap, Oos-Kaap, Noordwes en die Vrystaat, asook in plekke in die Sentraal-Karoo van die Wes-Kaap, berig Traveler24.

En dit gaan ook sneeu. Snow Report SA sê danksy die kouefront wat Donderdag ons kus tref, sal sneeuval “amper onmiddellik oor die berge in die weste van die Wes-Kaap, asook in gebiede van die Noord-Kaap val.

Daar word nie groot sneeustortings verwag nie; die swaarte sneeu sal na verwagting op Matroosberg (10 cm bo-op die berg) en in die Cederberg (15cm bo-op die berg) val.” Saterdag sal daar nog ligte sneeu oor die sentrale gebied van die Wes-Kaap, gebiede in die Noord-Kaap val en ook oor die Oos-Kaap oor meeste van die hoogliggende gebiede tussen Graaff-Reinet en Hogsback. “Daar kan in dele van die Oos-Kaap sneeuval van tot 10cm val, maar geen swaar sneeustortings word verwag nie."

Hier is ’n gedetaileerde verslag van www.weathersa.co.za oor die naweek se weer:

WAARSKUWINGS:

Uiters hoë brandgevaar verwag oor die oostelike dele van die Noord-Kaap, sentrale en noord-westelike dele van die Oos-Kaap, Noordwes, die Vrystaat, asook in plekke in die Sentraal-Karoo van die Wes-Kaap.

KYK UIT VIR:

1. Stormsterk weste- tot noordweste wind (65-70 km/h) oor die binneland van die Wes-Kaap, suidelike binneland van die Noord-Kaap asook oor die Oos-Kaap word Vrydag verwag.

2. Swaar reën word Vrydag oor plekke in die Kaapse Metropool, Kaapse Wynlande en Overberg-distrikte verwag.

3. Gelokaliseerde oorstromings word Vrydag in plekke oor die Kaapse Metropool, Kaapse Wynland en Overberg-distrikte verwag.

4. Golfhoogtes van meer as 6m tussen Alexanderbaai en Kaap Agulhas word Vrydag verwag, wat sal versprei tot tussen Plettenbergbaai en Oos-Londen teen Vrydagnag.

5. Stormgolwe Vrydag tussen Lambertsbaai en Kaap Agulhas verwag.

6. Stormsterk noordwestewind (65-70km/h) Vrydag tussen Hondeklipbaai en Kaappunt verwag.

SPESIALE WEERWAARSKUWINGS:

1. ’n Intense kouefront sal na verwagting die land Donderdagaand tref en tot Saterdag heers. Die publiek en kleinveeboere word daarop gewys dat baie koue toestande en sneeu verwag word in hoogliggende gebiede van die Wes-, Oos- en Noord-Kaap, asook suidwestelike KwaZulu-Natal. Sterk binnelandse winde kan ook oor die westelike en suidelike dele van die land verwag word.

2. Ontwrigtende sneeu word Saterdag oor bergpasse in die suidelike Drakensberg en Sneeuberge van die Oos-Kaap verwag.

Bronne: News24/SA weather service