Konflikhantering: Genoeg, genoeg, genoeg! Geen enkele woord meer uit jou mond nie. Ek gaan nie langer na jou luister nie. Koebaai! Grimeerwenke vir jong meisies: Vir hierdie seisoen volstaan ons by die natuurlike voorkoms. Geen lipstiffie of lipglans nie, net ’n mooi glimlag.

Lees ook: Diere wat ongetwyfeld jou dag sal opkikker Vir ’n aandjie uit: Maak seker jou hare is mooi netjies en . . . o genugtig, ek gaan laat wees! Gasvryheid: Wie kom daar aan? Neeeeee, dis my skoonma! Romantiese oomblikke: Dis nou hoe jy ’n potensiële meisie beïndruk. Oogkontak is so belangrik. Tafel-etiket: Dit is ’n bogstorie dat kaas eers moet verouder voor jy dit geniet. Toesprake: Maak seker jy het nie kougom in jou mond nie en dat jou onderwerp nie vervelig is nie.

Lees ook: Kyk hoe lekker dans hond se kind Vermaak: Skuif opsy, Liberace, my hare en talent is net soveel beter as joune. TV-etiket: Al hoe jy die televisie-afstandbeheerder uit my pote gaan kry, is as gaste onverwags opdaag.