CLEVELAND. – . Die radelose familie wat die onderneming besit, het bykans $20 000 (sowat R280 000) op industriële reinigers bestee om die slegte reuk te help bekamp. Min het hulle geweet die eintlike sondaar wat die oorsaak van die stank was, was hul buurman, Andy Sowell. En die waarheid agter die reuk sou niemand ooit kon raai nie. Sowell was nie net ’n alledaagse buurman nie, hy was ook ’n reeksmoordenaar. En hy het 11 lyke onder sy huis reg langs Ray’s Sausage begrawe. Die lyke het daar ontbind.

Die moordenaar is in 2011 skuldig bevind aan die moord op 11 vroue en die verkragting van vele wat oorleef het. Hy het in daardie stadium reeds 15 jaar in die tronk deurgebring nadat hy ’n swanger vrou aangeval het. Hy was as die “Cleveland Strangler” bekend en is die doodsvonnis opgelê, maar Sowell leef nog danksy sy regspanne wat een na die ander appèlaansoek deur die jare bly indien.
Sowell het vroue geteiken wat dwelmverslaafdes was en ander wat aan geestessiektes gely het. Hy het geglo die samelewing sal nie juis oor hul lot bekommerd wees nie. Hy was reg.

Intussen probeer Ray’s Sausage al die afgelope vier jaar om die naam van hul onderneming, wat al 60 jaar bestaan, in ere te herstel.

Bronne: newscom.com.au, dailytelegraph.com.au