Die vrou wat Portugees-sprekend is maar kwalik Engels kan praat, het Saterdagmiddag op ’n lysie op die gewilde staproete beland. Sy kon nie op haar eie weer daarvan afkom nie.

Johan Marais, ’n woordvoerder van Wildernis-soek-en-redding, het gesê’ n tolk is ingespan om met die vrou te kommunikeer.

Daar is ook aanvanklik van ’n Skymed-helikopter gebruik gemaak om haar van die lysie te probeer red, maar ongure windtoestande het die poging in die wiele gery.

Reddingspanne is nou geaktiveer en hulle is besig om die berg na die toeris te klim ten einde haar te red. Die reddingspoging het na 19:00 nog voortgeduur.

Bron: news24.com