Die projek is geloods ná gesprekke met NC Schoombee van Boere in Nood en Caroline Saasen van Water Shortage SA.

Een van die grootste struikelblokke, buiten natuurlik die insameling van water, was die logistieke nagmerrie om dit by afsetpunte te besorg.

Lees ook: Suid-Afrika smag na water

Jacaranda FM het sonder huiwering ingespring om vervoer te reël. Gustav Metz van Imperial Cargo Solutions het vyf 32-ton-Superlink-trokke aan die projek beskikbaargestel.

Dalk nie op dieselfde skaal nie, maar ons is ook veral getref deur Hayley, ’n 11-jarige meisie, wat haar sakgeld geskenk het om water te koop. Elke druppel tel letterlik. Vrydag se bydraes word na Lichtenburg in Noordwes geneem. Dié streek word veral swaar geraak deur die onlangse uitmergelende droogte.

As jy wil help:

Water kan tot 18:00 op Sondag 24 Januarie by Jacaranda FM se ateljee afgelaai word. Die adres is: 14de Straat 89, Erands Gardens, Midrand. Lesers word versoek om nie kontantbydraes te lewer nie, maar wel net water wat hier afgelewer kan word.

Hier is twee klankgrepe wat jou meer oor #ProjectWaterdrop vertel.