Die Rhema-pastoor Ray McCauley het gister getrou met sy eksvrou, Zelda. Die paartjie het hul troubeloftes afgelê in Casalinga, ’n eksklusiewe restaurant en trouplek in Muldersdrift, Johannesburg.

Hegte vriende en familie het die intieme geleentheid bygewoon. Pleks van ’n tradisionele wit rok het Zelda ’n blou skepping gedra.

“Past. Ray en Zelda wou ’n private seremonie met sowat 60 gaste hê,” het Rhema se uitvoerende hoof, Giet Khosa, gesê. Die paartjie is in 2010 geskei, maar het sedertdien weer verlief geraak. – Jessica Levitt