OE Ray Dylan nou onlangs ná ’n maand lange vakansie in Amerika huis toe vlieg, het hy twee pare splinternuwe stewels in sy tas gepak – ’n paar his én ’n paar hers.

Die vrouestewels was piepklein – dit was immers bedoel vir die fynste van vroutjies...

Daar was nog baie ander presente vir die lig in sy lewe: Themde, ’n Mickey Muis-pop uit Disney World en ’n stapel CD’s

met die musiek van die tienerster Miley Cyrus.

Jeaninetjie, soos Ray sy meisie noem, is gek oor HannahMontana, die karakter wat Miley in die gelyknamige kinderreeks speel.

“Dis al ding wat haar ouderdom verklap!” sê die sanger met sy kenmerkende stout laggie.

Ray (32) se wange skiet vol kuiltjies terwyl hy loer na die skoonheid wat sy hart gesteel het. Hy’s lékker verlief, halsoorkop, smoorverlief.

Al is Jeanine Victor op 18 nog bloedjonk.

Ray weet wel van sy aanhangers se wenkbroue gaan lig wanneer hulle hoor sy meisie het eers einde verlede jaar matriek geskryf.

“Dis hoekom ek ons verhouding so lank weggesteek het; ek het geweet mense gaan vra: ‘Raytjie, hoekom kry jy dan vir jou ’n meisie wat so jonk is?’

“Ek wou Jeanine nie daaraan blootstel nie. Maar ek kan haar nie langer soos ’n budjie in ’n hok wegsteek nie; dis nie reg teenoor haar dat sy altyd by die huis moet bly en nooit saam met my na gesellighede gaan nie. Sy is ’n mens, sy het ook gevoelens.”

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 7 Oktober 2010