Jeanine Victor (23), die gewese verloofde van die gewilde Afrikaanse sanger Ray Dylan, by wie sy ’n driejarige seun het, verwag haar tweede kind.

[caption id="attachment_114951" align="alignnone" width="600"]Foto: Fani Mahuntsi Foto: Fani Mahuntsi[/caption]

Ná die verbrokkeling van haar en Ray se verhouding, is Jeanine sedert Desember 2015 aan die oudrugbyspeler Wynand Swart (25) verloof.

“Ek het nooit gedink ek sal iemand so lief kan hê nie,” het Jeanine in ’n eksklusiewe onderhoud aan Huisgenoot gesê.

En binnekort verwelkom dié gelukkige paartjie hul eerste pienkvoet.

Lees ook: Gewilde TV-aktrise verwag eersteling

“Ons het besluit om die nuus met almal te deel oor ons klein bondeltjie liefde wat op pad is! Ons is ongelooflik opgewonde en kan nie meer wag nie,” het Jeanine op haar Facebook-blad geskryf saam met ’n sonarfoto van die ongebore kleinding.

Die paartjie is dit eens dat hulle beslis ’n groot gesin beplan met “nog twee of drie” boeties of sussies vir Jeanine se blondekopseuntjie, Shaun-Michael.

Lees ook: Sorina deel haar goeie nuus

Jeanine is nou agt weke swanger en weet nog nie die geslag van die nuwe kleinding nie. “Maar dit maak nie vir my saak nie,” sê sy. “Solank die baba welgeskape en volmaak is, is ek gelukkig.”

Die baba word na verwagting in Augustus gebore.

  • MOET DIT NIE MISLOOP NIE! Lees ook ’n eksklusiewe onderhoud met Jeanine en haar verloofde, Wynand, oor hul liefde en toekoms saam. Die onderhoud verskyn in Huisgenoot, 14 Januarie 2016.