Jeanine Victor en haar huidige verloofde, die oudrugbyspeler Wynand Swart, tel omtrent die dae af tot hul eerste pienkvoet se koms.

Die paartjie wat sedert Desember verloof is, verwag ’n dogtertjie - ’n sussie vir Jeanine se vierjarige seun, Shaun-Michael, by haar gewese verloofde, die sanger Ray Dylan. Sy het onlangs foto’s van haar ooievaarstee op Instagram gedeel en dit lyk of Jeanine omtrent lekker makietie gehou het.
Sy het vroeër aan Huisgenoot bevestig dat hul pienkvoet Zelmay gaan heet. “Ons het dié naam gekies omdat dit vir ons mooi is,” het sy toe vertel. En ’n dogtertjie kan mos nooit te veel skoene en klere hê nie! Zelmay se klerekas kreun al onder die mooiste kleertjies en skoene, wys kiekies op Jeanine se Instagram-blad.
Sy het ook al foto’s van hul ongebore kind se babakamer gedeel. “Sussie se kamer kom nou mooi aan,” het sy daarby geskryf.
Toe een Instagram-volger haar vra wanneer die baba kom, het sy vertel: “My keiser is 12 Augustus, maar ek dink sussie gaan vroeër kom”. Jeanine en Wynand is smoorverlief. Dis duidelik uit haar inskrywings op sosiale media. By ’n foto van hulle wat soen op haar ooievaarstee op Instagram het sy geskryf: “Lief vir jou my liefie...kon nie vir beter vra nie...jys ’n man en pappa 1000.”

Lief vir jou my liefie...kon nie vir beter vra nie...jys n man en pappa 1000

A photo posted by Jeanine Victor (@jeanine.victor) on

Te oulik!