Ja, sy hart is stukkend oor sy verbreekte verlowing met die ma van sy derde liefdeskind. Maar Ray Dylan (34) se^ hy is moeg daarvan om vir kritiek uitgesonder te word net omdat hy ’n bekende sanger is.

“Natuurlik is dit nie die perfekte situasie nie. En natuurlik sou ek, as ek alleen beheer daaroor gehad het, dit anders wou he^,” se^ hy oor sy omstrede liefdeslewe, wat hom die afgelope paar jaar met drie ekse en drie buite-egtelike kinders gelaat het.

Dit kom nadat die 21-jarige Jeanine Victor onlangs haar hart uitgestort het oor haar mislukte verhouding met die sanger (‘Dit was nooit net ek en Ray’, 4 April). Sy en hul eenjarige seun, Shaun-Michael, bly nog in Ray se huis op Vredefort in die Vrystaat, maar Jeanine beoog om weer by haar ouers in te trek. Dis naby Ray se huis.

Gloria Edwards se onderhoud met Ray Dylan verskyn in Huisgenoot, 16 Mei 2013