Hy is een van die gewildste Afrikaanse sangers, ’n hartebreker wat nie net oor die liefde sing nie, maar self skynbaar ’n Koning van Harte is, soos een van sy trefferliedjies heet.

Die vraag is: Wie is die koningin van Ray Dylan se hart?

Want die afgelope paar maande ry sy liefdeslewe wipplank tussen sy gewese verloofde, Jeanine Victor, die ma van sy jongste kind, Shaun-Michael (21 maande), en die model Bianca Homeier, vir wie hy in ’n musiekvideo sing: Niemand kan vir my verlei nie, soos jy nie, my Cleopatra.

Die stof wil maar net nie gaan le^ oor die liefdeslewe van die sanger wat ook twee liefdeskinders by twee ander vroue het nie.

Lees Suzanne Venter se onderhoud in Huisgenoot 31 Oktober 2013