raybianca

Net meer as ’n week gelede het Huisgenoot geskryf hoe Ray sy twee ekse, Jeanine Victor (21), die ma van sy eenjarige seuntjie, Shaun-Michael, en Bianca Homeier, teen mekaar afgespeel het met heen en weer WhatsApp-liefdesboodskappe en troubeloftes.

Albei vroue het toe geweier om met hom versoen te raak, maar Bianca het dit duidelik gestel dat sy nog baie lief is vir hom.

Die afgelope week het Huisgenoot verneem Ray en Bianca het besluit om weer te probeer. Bianca het dit bevestig en gesê: “Ons werk weer daaraan . . . ons is te lief vir mekaar om mekaar te verloor. Ons is nou closer as ooit.”

Gisteraand het albei dié foto op hul WhatsApp-status gehad en Bianca se status sedert Maandag lei: “I love you my lyfie!!! Dankie dat jy my lief het en die man in my lewe kan wees! Niemand kan ons liefde vir mekaar breek nie!! XxX”

Ray se WhatsApp-status sedert Maandag lei ook: “Welkom terug my engel.” En sedert gisteraand het hy ook ‘n foto van Bianca se hand met die verloofring op sy bors, en op sy Facebook-profiel dui hy aan dat hy verloof is.