Praat van ’n onwelkome trougas!

Johnny en Laura Benson het op 20 Junie ná hul trouseremonie in ’n nabygeleë veld laat troufoto’s neem, toe die slang hom meteens op sy maermerrie pik. “Dit was asof iemand my skielik op my skeen geskop het,” het Johnny aan die Denver Post gesê. “Toe sien ek die slang lê daar en ritsel.” Gelukkig was ’n wildbewaarder toevallig in die omtrek en kon hy Johnny blitsig stabiliseer en ’n ambulans ontbied.

Groot was gaste se ontsteltenis toe die troufotograaf bel en sê hulle gaan laat wees, want die bruidegom is op pad hospitaal toe. Die bruid is glo trourok en al by ongevalle in.

“Die hele ervaring was baie vreemd. Al manier waarop ek eintlik kon help, was deur my werk te doen en die verhaal van hul troudag vas te vang,” het die troufotograaf, Maddie Wilbur, aan BuzzFeed gesê.

Sy het die hele petalje op kamera vasgevang. Die bytplek was gelukkig vlak en geen gif het in Johnny se been beland nie. Ná ’n paar inspuitings is hy ontslaan – betyds vir die res van die onthaal.

Bronne: Denver Post, BuzzFeed