Klein CC het ’n gunsteling-‘kussing’... sy groot tjom Chewbacca. Ja, jy sal stellig ver moet soek na twee sulke onafskeidbare diere soos dié viervoetige boesemvriende wat, ná ’n bra hartseer storie, by die Animal Rescue League of Iowa (ARL) beland het.

[caption id="attachment_141305" align="alignnone" width="1024"]Foto: ARL, Facebook Foto: ARL, Facebook[/caption]

Hulle het dalk hul huis verloor – hul eienaars kon of wou hulle nie meer aanhou nie – maar hulle het wel nog mekaar gehad. En dié foto’s spreek gewis van ’n sonderlinge band.

CC en Chewy het blykbaar jare lank ’n gelukkige tuiste saam gehad, totdat ’n baba met ’n diere-allergie eensklaps hul lewe kom verander het. Hul eienaars het hul ten minste saam by die dierebeskermingsorganisasie in die Amerikaanse deelstaat gaan aflaai. Maar te oordeel na dié kiekies van die ARL-personeel, lyk dit asof die skielike ontwrigting dalk veral hangoor-Chewy swaar getref het.

[caption id="attachment_141052" align="alignright" width="225"]ARL/Facebook ARL/Facebook[/caption]

Gelukkig het die organisasie toegesien dat hy en CC nooit geskei word. Hulle sou saam by die ARL loseer, wat ook daarop aangedring het dat hulle saam aangeneem moes word, al kon dit beteken hulle kry nooit 'n nuwe gesin nie.

“Ons sien maar vir CC en Chewbacca lepellê wanneer ook al ons by hulle verby stap,” het die ARL vertel. “Of liewer, CC lê op die een of ander manier op of bo-oor Chewy.” Stap, speel, eet, slaap . . . hulle sou alles saam doen. Wanneer vrywilligers hulle vir ’n uitstappie êrens heen kom haal het, sou hulle ook in die motor styf teen mekaar sit.

Gelukkige einde

Die ARL se Facebook-inskrywings oor die onafskeidbare duo is duisende kere in die sosiale media gedeel. En só kon hulle toe dae gelede aankondig: “Raai wie het vandag huis toe gegaan het... Chewy en CC!”

Ja, die twee is nou heel tuis by ’n diereliefhebber genaamd Amber Riley en haar twee ander honde en drie troetelvarke.

[post-slider]

Bronne: Facebook, Animal Rescue League of Iowa, metro.co.uk