Die onbekende vrou het Maandagmiddag voor die Randgate-winkelsentrum gaan staan, petrol oor haar uitgegiet en haar toe aan die brand gesteek. 

“Die vrou het ernstige brandwonde aan haar nek en gesig opgedoen,” sê die ER24-woordvoerder Russel Meiring. 

“Sy is op die toneel vir haar brandwonde behandel voor sy na die hospitaal geneem is.” 

Die vrou is na die Leratong provinsiale hospitaal gevat. 

Volgens die Randfontein Herald het die vrou glo ’n geskiedenis van sielkundige probleme en het sy vroeër die dag by die winkelsentrum rondgeloop en werk gesoek.