Daar is aanvanklik berig dat die kleinhoewe in Randburg was.

Volgens Chris Botha, Netcare 911-woordvoerder, het gewapende mans op haar eiendom toegesak. 

“Skote is afgevuur en sy het twee ernstige skietwonde in haar been opgedoen.” 

Van den Berg is glo in ’n ernstige maar stabiele toestand in die Thembisa-hospitaal. 

“Die pasiënt is op die toneel behandel en toe met ’n ambulans na die hospitaal geneem.” 

Volgens kol. Lungelo Dlamini, ’n polisiewoordvoerder, is die verdagtes steeds op vrye voet. Hy wou nie nog besonderhede oor die voorval bekendmaak nie. 

Van den Berg het glo onder meer al  as ’n ekstra op 7de Laan verskyn.

  • Aanvanklik is berig die aktrise se naam is Celia Kriel, soos op haar Facebook-profiel. Ná weersprekende berigte het Huisgenoot bevestig die korrekte naam is nie Cecilia van Loggerenberg (soos polisiebronne gesê het) nie; dis Cicilia van den Berg.