Die vonnisoplegging is Maandag uitgestel nadat ’n bomdreigement die verrigtinge ontwrig het.

Radovan het Maandag ook homself tydens die voorvonnisverrigtinge verteenwoordig.

Regter Colin Lamont het Dinsdag egter drie aansoeke wat die Tjeggiese voortvlugtige gemaak het, ter syde gestel. Sy eerste versoek was om sy arm- en voetboeie te verwyder. Die tweede was om toegelaat te word om nog getuies te roep wat ter versagting van sy vonnis kan getuig. Sy derde aansoek was dat ’n psigiater, sielkundige en krimonoloog oor sy psigiese, fisieke en emosionele toestand getuig. “Ek het male sonder tal aansoek gedoen om nie in afsondering aangehou te word nie, veral omdat ek aan depressie ly,” het hy aan die regter gesê.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com

Zephany Nurse se biologiese ma huil gebroke in hof

Wat jy alles moet weet oor meningitis-uitbreking op Mosselbaai

’n Fotoverhaal: Legendariese ‘prentjiemaker’ Jans Rautenbach vier 80

Kyk: Gewilde sanger pak nare gewoonte om op jou selfoon te wees terwyl jy bestuur in musiekvideo

Friends-reünie groot teleurstelling vir lojale aanhangers

Taylor Swift skitter as bruidsmeisie by vriendin se troue