[caption id="attachment_133768" align="alignnone" width="609"]Die radiopersoonlikheid en haar oudste, Neo. Foto: Mdudzi Ndzing Die radiopersoonlikheid en haar oudste, Neo. Foto: Mdudzi Ndzing[/caption]

Dié nuus is Donderdagoggend deur die radiostasie 702 bekendgemaak. Baba Khumo is gesond en weeg 4 kg.

Redi het op ’n vriend se twiet geantwoord: “Ek was gister HEELdag op Twitter EN het gedurende [die] dag die lewe geskenk; kontraksies . . . die hele toetie . . . natuurlik.”

Redi (38) en haar man, dr. Brian Tlhabi, het ses jaar lank gesukkel om kinders te hê. Sy het miskrame gehad en mislukte vrugbaarheidsbehandelings beleef voor hul “wonderbaba”, Neo, in Oktober 2013 gebore is.

Lees ook: Gewilde aktrise skenk lewe aan haar derde kind

“Ons maak ’n grap in die huis dat ek elke ses jaar ’n baba probeer kry het en skielik ryg ek hulle uit,” het die radio-aanbieder in Maart vanjaar laggend aan Huisgenoot gesê.

Nou het Neo, wat oor ’n paar maande drie word, ’n suster en speelmaat. Sy het met haar kleinsus ’n band gevorm terwyl sy in haar ma se maag was en is net so opgewonde soos haar ouers om Khumo eindelik by die huis te hê.

Redi het aan Huisgenoot gesê sy twyfel nie dat haar twee kinders goed oor die weg sal kom nie, want Neo hou van mense en het baie maats op speelskool.

Lees ook: Kyk watter 7de Laan-ster is weer pa!

Die toegewyde ma is ook stiefma vir twee volwasse dogters, Lesego en Ofentse, uit Brian se vorige huwelik.

Boodskappe van gelukwensing stroom op Twitter in nadat sy die nuus bekendgemaak het.

“So jammer ek kan nie elkeen van julle antwoord nie. Uit die diepte van my hart: Dankie vir die boodskappe en deel van ons vreugde oor Khumo se geboorte,” het Redi op Twitter gesê.

En te oordeel na haar twiets is Redi in die wolke oor haar bondeltjie vreugde.

“Geluk @RediTlhabi. Ek belowe ek wou jou ’n heita-oproep gestuur het,” het die DA-leier Mmusi Maimane getwiet.

– Gabisile Ngcobo