Radio Kalahari Orkes (RKO) se ossewa trek deesdae vorentoe.

Hulle treffers “Blaas Jou Vuvuzela” (met Jack Parow) en “Staan My By” (met Chris Chameleon) het tesame ongeveer 300 000 trefslae op YouTube behaal.

Hulle derde album, “Heuningland,” behoort ook binnekort goue status ter bereik.

Nou is die groep besig met ‘n tong-in-die-kies-dokumentêre film wat sal fokus op ‘n vertoning by ‘n sekere welbekende rock-fees.

Wat gebeur as ‘n klomp takhare wat outydse musiek op plaasgereedskap uitvoer per abuis genooi word om vermaak te verskaf vir die derduisende jong wildsbokke wat jaarliks OppiKoppi toe trek om ‘heavy metal’ te luister?

Alles sal Maandag 15 Augustus onthul word tydens ‘n spesiale optrede by die Barnyard-teater in Menlyn, Pretoria.

RKO is die binne-huis orkes van die mitiese trans-Boer radiostasie, Radio Kalahari, wat iewers anderkant die Groot Rivier uitsaai.

Gelei deur die welbekende akteur Ian Roberts is RKO se musiek so Suid-Afrikaans soos koeksusters, biltong en mampoer.

Klik hier vir meer inligting oor die vertoning. 

Volg Huisgenoot op Twitter.