Ons het hierdie prettige idees vir Paaspret vir kinders op Pinterest gekry. Al wat jy nodig het, is papierborde en ’n paar ander los goedjies. Dis die perfekte manier om jou kinders tydens al die opkomende vakansiedae besig te hou.

Hasiemasker

bunnymask

Foto herspeld van kidspot.com.au

Kinders tussen twee en vyf gaan dit geniet om dié masker te maak en te dra. Dis ’n redelik maklike projek, maar jonger kinders gaan hulp met die knipwerk nodig hê.

Jy gaan dit nodig hê:

  • 1 klein wit papierbord
  • 3 wit pypskoonmakers
  • 1 vaalbruin pompom of pienk wattebol
  • stukkies wit en pienk karton
  • rek
  • kunsvlytgom
  • ’n skêr
  • ’n donkerpienk viltpen

Kry die aanwysings hier.

Langbeenvoël

long-legged chick

Foto hespeld van onelittleproject.com

Geskik vir kinders tussen twee en nege. Hou dit eenvoudig soos die een in die foto, of voeg vere, stukkies lap en viltpenne by vir ouer kinders om met hul eie ontwerpe vorendag te kom.

Jy gaan dit nodig hê:

  • 1 geel papierbord
  • oranje karton
  • 2 aanplak-ogies
  • ’n skêr
  • kunsvlytgom

Dis heel eenvoudig, maar jy kan hier aanwysings en nog idees kry.

Paasmandjie

Easter basket

Foto herspeld van sassydealz.com

Dié projek is ’n bietjie ingewikkelder en is geskik vir kinders tussen vier en nege. As ’n volwassene help, kan die knipwerk met ’n kunsvlytmes gedoen word; kinders moet eerder met ’n skêr werk.

Jy gaan dit nodig hê:

  • 2 papierborde
  • lint
  • Paasgras
  • stukkies karton
  • ’n skêr of kunsvlytmes
  • bruin kunsvlytverf
  • ’n verfkwas
  • ’n krammasjien

Kry die aanwysings hier.

Nog Paaspret

Kry nog idees vir dekor met ’n Paastema, insluitend die aanwysings vir dié oulike hasie-klappers – in die Huisgenoot van 17 April, van 11 April te koop.

– Alfie Steyn