Tradisioneel met ’n kinkel: Papstokkies

041012DMM035.pdf - Adobe Reader

Beproef hierdie drie variasies van papstokkies as alternatief vir broodstokkies.

Bereidingstyd: 30-45 minute

Gaarmaaktyd: 15 minute

Genoeg vir 4-6 mense

Pap

1 L (4 k) water

15 ml (1 e) hoenderaftrekselkorrels

750 ml (3 k) mieliemeel

60 ml (¼ k) botter

Met kaas

310 ml (1¼ k) cheddarkaas, gesrasper

2,5 ml (½ t) rooipeper

Met kruie

125 ml (½ k) pietersielie en tiemie, fyn gekap

sout en peper

Met saad

375 ml (1½ k) sesamsaad

2 eiers

Doopsous

1 avokado, fyn gemaak

125 ml (½ k) roomkaas

60 ml (¼ k) soetbrandrissiesous

5 ml (1 e) suurlemoensap

So maak mens:

Pap

Bring water tot kookpunt en voeg die hoenderaftreksel by. Voeg die mieliemeel stadig by. Meng goed met ’n klitser. Laat prut 30 minute. Voeg botter by en roer.

Met kaas

Meng ’n derde van die pap met die kaas en rooipeper. Giet op ’n gesmeerde bakplaat.

Met kruie

Meng ’n derde van die pap met die kruie, sout en peper. Giet op ’n gesmeerde bakplaat. Laat koel al die pap af. Sny in repe. Rooster 10-15 minute in die oond.

Met saad

Giet die oorblywende pap op ’n gesmeerde bakplaat. Sny in repe. Doop elke papstokkie eers in die eier en dan in die sesamsaad. Rooster 5-10 minute.

Doopsous

Maak al die bestanddele saam fyn.

Vleisgenot: Filet met bloukaasbotter en mandarrynsous

12011l2DZM036.pdf - Adobe Reader

Bereidingstyd: 10 minute

Gaarmaaktyd: 20 minute

Genoeg vir 3 mense

Mandarynsous

1 blik (310 g) mandarynskywe in sous

15 ml (1 e) sojasous

5 ml (1 e) fyn gemmer

80 ml (? k) suiker

3 sprietuie, gekap

Kruiebotter

125 ml (½ k) ongesoute botter

125 ml (½ k) bloukaas, soos gorgonzola

5 ml (1 t) elk gekapte vars tiemie, roosmaryn en pietersielie

10 ml (2 t) fyn knoffel

20 ml (4 t) dennepitte of pistasieneute

Beesvleisfilet

1 beesvleisfilet, in skywe met ’n dikte van 5 cm gesny

sout en peper na smaak

Vanielje-gegeurde fyn aartappels en gebraaide sampioene vir voorsit

So maak mens

Sous

Bring die sousbestanddele tot kookpunt in ’n kastrol. Laat prut die mengsel 10 minute terwyl jy aanhoudend roer. Verwerk die mengsel in ’n voedselverwerker tot glad en gooi deur ’n sif.

Kruiebotter

Verwerk die bestanddele in ’n voedselverwerker tot ’n pasta. Vorm in ’n rol, draai in kleefplastiek toe en verkoel.

Filet

Geur elke stuk vleis met sout en peper en braai in ’n verhitte gietysterpan tot die verlangde graad van gaarheid.

Plaas ’n skyf kruiebotter op elke filet en sit voor met die mandarynsous, fyn aartappels en gebraaide sampioene.

Wenk

So maak mens vanielje-gegeurde fyn aartappel: Kook drie aartappels en een vanieljepeul wat oopgesny is en waarvan die saad nie verwyder is nie. Verwyder die peul wanneer die aartappels gaar is. Maak die aartappels fyn en voeg melk en botter by na smaak.

Iets soets: Driesjokoladebruintjies

041012DMM035.plldf - Adobe Reader

Hierdie heerlike sjokoladebruintjies is baie maklik om te maak.

Bereidingstyd: 15 minute

Gaarmaaktyd: 25 minute

Lewer 20 vierkante

100 g (1 blok) donker sjokolade

2,5 ml (½ t) sout

125 g botter

4 eiers

15 ml (1 e) vanielje-ekstrak

350 g strooisuiker

225 g meel, gesif

5 ml (1 t) bakpoeier

100 g (1 blok) melksjokolade

100 g (1 blok) wit sjokolade

versiersuiker

So maak mens:

Voorverhit die oond tot 180 °C. Smelt die donker sjokolade, sout en botter tot glad in ’n bak oor ’n pot pruttende water. Kap die melk- en wit sjokolade grof en sit dit in die vrieskas om hard te word.

Verwyder die sjokolademengsel van die hitte en klits die eiers een vir een in. Voeg die vanielje-ekstrak en suiker by en meng goed. Sif die meel en bakpoeier in. Voeg die melk- en wit sjokolade by tot goed gemeng.

Giet die mengsel in ’n gevoerde en gesmeerde bakpan en tik dit liggies om lugborrels te verwyder.

Plaas 20-25 minute in die oond. Haal uit en laat afkoel voor jy dit in vierkante sny.

Rond af deur versiersuiker bo-oor te strooi.

- Drum Food