’n Paar glasies van dié drankie sal jou nie net laat goed voel nie – dit kan jou ook help goed lyk. Teenverouderende jenewer is die nuwe gonswoord en vervaardigers beweer dit sal van jou plooie ontslae raak – een jenewer en tonikum op ’n slag. Anti-AGin (wat ’n skerp naam!) is gedistilleerd met “eetbare kollageen en teenverouderende botaniese stowwe”.

Nicky-Hambleton Jones, teenverouderingskenner van die televisiereeks 10 Years Younger het Bompas & Parrs, vervaardigers van spesialiteitskosse en –drankies, met hul skepping gehelp. “Anti-AGin, die eerste van sy soort, is ’n uitstekende jenewer wat die vel vernuwe terwyl jy dit drink,” sê sy. “Dis die tweede beste ding vir mense wat wil jonk bly, maar nie alkohol wil uitsny nie. Dis die alkoholiese ekwivalent van ’n gesigsbehandeling.” Nie net sal dié jenewer, met sy 40 persent alkoholinhoud, ontslae raak van plooie nie, dit sal ook sonskade genees, littekens help voorkom en selluliet gladder laat vertoon, volgens vervaardigers.

Dis danksy die “verjongende” eienskappe van die drankie, wat ook kamille, teeboom, brandnetel, bergiep en gotua kola bevat. Maar voor jy drankwinkel toe haas – die drankie is in Suid-Afrika slegs aanlyn beskikbaar en gaan jou ’n hele paar rand uit die sak jaag. Dit kos ’n allemintige R730 vir ’n 700 ml bottel – jip, dit het seker te goed geklink om waar te wees, of hoe?

Bronne: Mashable, Metro, The Telegraph

Ander stories op Huisgenoot.com:

Kyk waar bevind die mooie Armand Aucamp hom op sy wêreldreis!

Kurator van Huisgenoot-uitstalling met Kanna vereer in ons 100ste bestaansjaar

Kyk: Groot opwinding in dié geliefde Pasella-aanbieder se huishouding

Hierdie wakkerweeswenke kan keer dat JY gekaap word

Kyk: Ouma Trys se histeriese kennismaking met Face Swap

Kyk: Bobby van Jaarsveld ontdek Face Swap en die resultaat is skreeusnaaks!