Die inwoners van High Rock, Wanghin, in Thailand, is dronkgeslaan deur die buffel-krokodil-“kruising”.

Die dier se ma is ’n buffel, het die plaaslike webtuiste Rath berig, maar die vel is donker en skubagtig soos ’n reptiel s’n en dit het ’n verlengde snoet soos dié van ’n krokodil.

Volgens die webtuiste het die dier kort ná geboorte gesterf, maar “dit is verrassend en sal glo goeie geluk bring vir die dorp.”

Bronne: Rath, Mirror, MailOnline