’n Student het spoorloos onder verdagte omstandighede in Welkom verdwyn, berig Volksblad.

Volgens Volksblad is vingerafdrukdeskundiges en die polisie se K9-eenheid ingeroep om na leidrade te help soek nadat die motor van Steven Wesels, 24, verlate in die stad gekry is, maar hy het verdwyn het.

Steven is ’n student in meganiese ingenieurswese aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (Vrystaat).

Hy is Maandagaand ná die langnaweek met dié motor uit Welkom weg terug Bloemfontein toe. Hy het nooit daar aangekom nie, maar dit is eers gister ontdek berig Volksblad.

Enigiemand met inligting wat in die ondersoek kan help, word gevra om kol. Ansie Foley, Welkomse speurhoof, by 082-372-0423 te bel

LEES MEER HIER

Bron: Volksblad.com