elizma-scan Die sangeres Elizma Theron het vanoggend die 3D skanderings foto van haar ongebore baba dogtertjie, Eli-zé, op facebook geplaas met die onderskrif: “Eli-zé.....nog so klein mamma”

Elizma is nou 21 weke swanger.

“Ek voel baie goed en my maag het die laaste paar weke nogal begin groei. Hy is vooruitstrewend,” vertel Elizma. Een van die rokke wat sy tydens vanjaar se Huisgenoot Skouspel gedra het, se ritsluiters het hoeka ook meegegee tydens een van haar laaste optredes.

“My ma reken ek is steeds baie klein, maar ek kan nou sien hoe my lyf verander. Ek moet begin om die rek broeke te dra wat ek aan die begin gekoop het,” vertel Elizma wat baie opgewonde is oor die koms van haar en haar man, Nico Grobbelaar se eersteling.

[caption id="attachment_3736" align="aligncenter" width="614"]Elizma en haar man, Nico. Elizma en haar man, Nico.[/caption]