Sy het pas met die eerste liedjie begin. “In dié stadium is dit nog naamloos, maar die liedjie kom van een van David Gresham Records se oorsese liedjieskrywers en het ’n sterk tema van vrouebemagtiging. Die verwysing was Kelly Clarkson en dis ’n prettige en up-tempo liedjie in lyn met internasionale popmusiek, maar gemik op die Afrikaanse mark.”

Hoe voel dit om ná so lank weer in die ateljee te wees?

“Dis baie opwindend en nadat die senuwees bedaar het, het ek daai energie in die liedjie gebruik. Dit was lekker om saam met almal by David Gresham Records te werk. Dit was ook die eerste keer dat ek die vryheid gehad het om insette te lewer oor die keuse van liedjies, en het lekker gekliek met die vervaardiger. Dit is ’n hele nuwe begin vir my.”

Suzanne Venter

* Die liedjie en nuwe album gaan vroeg in 2014 uitgereik word.