Dié troeteldier is al die afgelope 26 jaar lid van die Okura-gesin. Sy eienaar, Ashley Reed Okura (33), het hom reeds sedert sy sewe jaar oud was. Dit is boonop nie die eerste keer dat Corduroy hierdie besonderse mylpaal bereik nie. Hy is reeds verlede jaar as die oudste kat ter wêreld aangewys, tot GWR-beamptes op Tiffany Two afgekom het. Tiffany Two was toe 27 jaar oud, maar sy is onlangs oorlede. Ashley vertel Corduroy is steeds aktief en geniet nog goeie gesondheid, behalwe vir ’n paar nierprobleme. Vir sy verjaardag op 1 Augustus het Ashley vir hom ’n lewende wit muis gekoop, wat hy glo dadelik verorber het. Al is Corduroy tans die oudste kat wêreldwyd, gaan hy nog ’n tydjie moet vasbyt as hy die oudste kat nog te word. Daardie eer behoort steeds aan Crème Puff van Austin, Texas, wat tot drie dae ná sy 38ste verjaardag gelewe het. Crème Puff is in 2005 oorlede.

A photo posted by Corduroy (@oldestlivingcat) on

Bronne: Yahoo News, Today.com