’n Ma van die Kanadese provinsie Ontario was so keelvol van haar ondankbare 23-jarige seun en sy houding, sy het besluit om ’n faktuur aan hom te stuur waarop sy al die uitgawes meld wat sy die afgelope jare ter wille van hom moes aangaan.

View post on imgur.com

Die Reddit-gebruiker Chalipo, ’n voltydse student, het onlangs ’n foto van die faktuur op dié sosiale netwerk gedeel. Hy vertel dat hy die afgelope 13 maande onder sy ouers se dak woon.

In hierdie tyd het sy ma en pa hom finansieel onderhou. Kort voor lank was hy in so ’n gemaksone dat hy glad nie meer opgelet het hoeveel sy ouers eintlik vir hom doen en beteken nie.

Die skille val toe op ’n dag van sy oë af toe sy ma hom verras met ’n volledige faktuur van alles wat hy sy ouers die afgelope jaar gekos het. Dit sluit van kos tot geldelike bydraes vir vriende se geskenke in.

Een inskrywing, met die aardige bedrag van R11 700 daarby, was omdat hy so ’n “p******” is.

Die totaal van die faktuur? ’n Koel R458 000.

Hoewel die faktuur nie ernstig bedoel was nie, het Chalipo erken dit het hom laat besef hoeveel sy ouers vir hom beteken en dat hy nie hul ondersteuning as vanselfsprekend moet aanvaar nie.

“Dit het my laat besef watter eiegeregtige klein snip ek was,” het hy gesê.

“Ek hoop ek is eendag suksesvol genoeg om eie gesin te ondersteun en my ma terug te betaal, al verwag sy dit nie van my nie.”

Ons haal ons hoed af vir hierdie ma!

Bronne: Metro; Goodtoknow

Lees ook op Huisgenoot.com:

Sal suikerbelasting Suid-Afrikaners die vet laat afskud?

Besope vrou parkeer ‘voel-voel’, 17 motors bly in die slag!

Kreatiewe stilis omskep haar kapsel in kunswerke

Hommeltuie word met arendsoë dopgehou

Poppie, jy vlieg saam! Kyk dié vreemde neiging

Hoe nou? Kyk net watter lawwe verskonings gebruik mense om weg te bly van die werk af!