Zareef Minty (20) sal, nes Kanye West, nie toelaat dat iets tussen hom en sy blink toekoms staan nie, want hoe dan anders? Hy’s ’n regte raakvatter!

[caption id="attachment_86400" align="aligncenter" width="600"]Zareef Minty is 'n regte raakvatter! Zareef Minty is 'n regte raakvatter![/caption]

Hy is tans ’n derdejaarstudent in die regte aan Wits en het ’n lang lys prestasies om te wys! Ons het onlangs met hierdie inspirerend ou gesels oor alles wat sin maak. Lees verder:

Wie inspireer jou die meeste?

Kanye West. Sy selfvertroue in sy vermoëns inspireer my baie. Die ding wat mense jou nie van sukses vertel nie, is dat jy baie kritiek gaan kry en nie alles is opbouend nie. Kanye West, Floyd Mayweather en self ons eie AKA luister wat ander vir hulle sê en steur hulle nie aan afbrekende kritiek nie.

Watter raad het jy vir jou 13-jarige self?

Werk harder, kind, die wêreld is joune om te neem. Ek’s ernstig, die troon en al sy voorregte wag daar vir jou om te vat. Die wêreld gaan moeilik wees, dit gaan jou toets en jou laat wens jy het nooit probeer nie, maar moenie moed verloor nie. Wanneer jy voel jy wil tou opgooi, is dit juis wanneer jy harder moet werk en dis wanneer jy gaan slaag. Stel jou doelwitte hoog en verpletter hulle. Wees die leeu wat ek weet jy kan wees en moenie toelaat dat iemand jou enigiets anders vertel nie. Glo in jou vermoëns en talente, want jy het regtig niemand se toestemming nodig nie.

Watter drie boeke inspireer jou?

The Monk Who Sold His Ferrari – Robin Sharma

Empire State of Mind – Zack O’Malley Greenburg

It’s Not How Good You Are It’s How Good You Want To Be – Paul Arden

Watter raad het jy vir jong Suid-Afrikaners?

Wees die beste mens wat jy kan wees, werk hard en laat jou harde werk vanself praat. Bemark jouself as ’n handelsmerk en weet dat alles wat jy doen, daar is om jou te bevoordeel of dalk te benadeel; dink daarom eers voor jy doen.

Wees getrou aan jouself en die mense rondom jou. Wees lojaal aan jou werk, vriende en familie. Verstaan dat dit werklik die beste tyd is om jou drome te volg; enigiets is moontlik. Moet nooit te klein droom nie. As jy eendag ’n minster wil wees, glo in jouself en doen alles in jou vermoë om dit te bereik.

Na wie kyk jy op in Suid-Afrika en hoekom?

Ek kyk op na baie mense om verskillende redes; eerstens, kyk ek op na Nicky van der Walt. Die ou het so baie klas - hoe hy praat en sy houding. Tweedens kyk ek op na Patrice Motsepe oor sy briljante sakebrein; hy is intelligent en straatwys.  Ek kyk ook op na Barry Roux en Michael Katz omdat hulle ’n groot rol speel op regsgebied. Fikile Mbalula en Mzwandile Masina is die innoverendste staatsleiers wat daar is.

Kenny Kunene en Gayton Mckenzie vir alles wat hulle al vir my gedoen het; hulle het my opgelei en was soos ’n pa vir my, wat my gehelp het om te ontwikkel en te groei in die mens wat ek is, en daarvoor is ek baie dankbaar.

Hoe hou jy aan jou drome volg ten spyte van teleurstellings?

Ek dink nie daaraan as ’n teleurstelling nie, maar ’n les wat geleer word. Dit word makliker om jou drome te volg, hoe meer jy “weet”. Die kern van die saak is, jy moet altyd aanhou, want elke teleurstelling bring jou nader aan jou droom.

-       Megan Bursey