Dudu Ndendwa, ’n woordvoerder, sê: “Wenners kan tot 365 dae ná die trekkingsdatum hul prys opeis.”

Tussen die onopgeëiste pryse was ’n Lotto-boerpotprys van R21 m., wat op 19 Maart 2014 gewen is. Die kaartjie is op Gauteng se Oos-Rand gekoop, maar verval op 19 Maart. Die wennommers was 2, 9, 21, 29, 42 en 47.

Iemand wat op 12 Augustus ’n kaartjie in die Oos-Kaap gekoop het, het R27,7 m. gewen. Die ander onopgeëiste wenkaartjies is R10 m., getrek op 11 Februarie, en R16,6, getrek op 30 Julie.

Lotto-uitslae is op die lottery se webtuiste beskikbaar. Mense kan ook Gidani se spelershulplyn by 0800-777-777 bel.

Ndendwa sê: “Ons herinner deelnemers daaraan om telkens hul kaartjies te teken nadat hulle dit gekoop het, want dit kan moontlike probleme beperk.”