’n Tekort aan parkeerplek is stadsjapies se voorland, maar sal jy R7,2 miljoen opdok vir ’n parkeerplek in die stad?

Die duurste parkeerplek in Brittanje is onlangs te koop aangebied vir ’n allemintige R7,2 miljoen.

Dié eksklusiewe ondergrondse parkeerplek in Kensington, Londen, het plek vir twee motors. Die prys laat dalk “gewone” mense die wenkbroue lig, maar inwoners van die spogbuurt kan dit waarskynlik bekostig. Die gemiddelde eiendoms in dié spogbuurt kos R41,4 miljoen.

Die agentskap wat vir die verkoop verantwoordelik is, Hobart Slater, sê hulle het reeds baie belangstelling in die parkeerplek gekry.

Petro-Anne Vlok

BRONNE: autoexpress.co.uk, telegraph.co.uk