Dudu Ndendwa, ’n woordvoerder, het gesê die wenkaartjie is in Ekurhuleni, Gauteng, gekoop en dit verval op 19 Maart.

Die ses wennommers vir trekking nommer 1380 was: 2,9,21,29,42,47.

"Spelers kry 365 dae vanaf die datum waarop die wenkaartjie vir 'n bepaalde spel getrek is, om hul pryse op te eis.

"Ons doen egter 'n beroep op spelers om hul onopgeëiste kaartjies gereeld te laat geldig verklaar by die naaste plek wat kaartjies vir die Nasionale Lotery verkoop, ten einde enige onvoorsiene gebeurlikhede te vermy.“

Trekkingsresultate is beskikbaar op die lotery se webblad en mense kan ook Gidani se hulplyn vir spelers skakel by 0800-777-777.