Martin en Theresa van Breda, sowel as hul 22-jarige seun Rudi, is in Januarie in hul huis by die De Zalze-gholflandgoed doodgekap.

Die 16-jarige Marli van Breda het 'n ernstigekopwond opgedoen in die aanval. Henri het met geringe beserings weggekom.

Martin Coetzee, haar advokaat, sê sy is tans in 'n rehabilitasiekliniek en sy toon merkwaardige vordering.

Martin sê voorts dat sy weet dat haar ouers en haar broer dood is.

Berigte oor die naweek beweer dat Marli en Henri R200 miljoen erf.

Martin sê hy weet daar is 'n trust, maar hy weet nie hoeveel die oorlewendes gaan erf nie.

“Die trust het trustees en hulle word deur 'n prokureur in Pretoria bygestaan, dus sal hulle al die kennisgewings insake die finansies behartig.“

Volgens Martin het die trustees Marli se mediese en regskoste betaal.

Niemand is nog gearresteer in verband met die moorde nie.

Bronne: EWN, News24