rescue matt damon

Skynbaar het Matt Damon die rol in sy nuwe rolprent, The Martian, só oortuigend vertolk dat aanhanger Kyle Douglas van Chicago, besluit het aksie is nodig. Hy het nou ’n GoFundMe-verldtog van stapel gestuur het om die nodige fondse in te samel “to #bringhomeMatt”.

In The Martian vertolk Matt die rol van die ruimteman Mark Whatney, wat ná ’n ongeluk deur sy mede-ruimtereisegers stoksielalleen op Mars agtergelaat word.

Nou sukkel liefhebbers van dié rolprent om die waarheid van fiksie te onderskei.

In sy motivering vir sy groep-fondsinsamelingsprojek sê Kyle “een van Hollywood se beste akteurs sit nou gestrand op Mars na ’n mislukte sending. Ons het Matt nodig terug op aarde omdat hy binnekort ’n nuwe Bourne-fliek moet maak.”

Die veldtog het tot dusver net meer as R1100 ($86) van twaalf weldoeners ingesamel.

Bekommerde aanhangers sal nog diep in hul beursies moet delf as Kyle die mikpunt van R1,3 miljard sal wil insamel.

Gelukkig is ons doodseker Matt is veilig op die aarde, want The Martian is hoofsaaklik in ateljees in Hongarye en in die woestyne van Jordanië verfilm.

Bronne: Unilad; Metro