Hulle sê eie honde byt die seerste, maar eie bye steek die seerste!

Brandweermanne en byeboere het in die vroeë oggendure behoorlik bont gestaan om die ontstoke swerm onder bedwang te bring.

Van die korwes wat afgeval het, kon gered word, maar namate die dag ligter en warmer geword het, het die ontsnapte bye bitter boos begin raak.

Die brandweermanne moes toe noodgedwonge die bye begin doodmaak deur ’n mengsel van skuim en water op die korwes te spuit. Die verdere angel van hierdie ongeluk is dat die vrag bye boonop meer as R1 miljoen werd was.

Met etlike bye nog steeds naby die ongelukstoneel rond-zoem, maan verkeerspersoneel motoriste om liefs hul vensters toe te hou. Opruimingswerk duur voort.

Kyk hier na die video:

Bronne: TimesLIVE; The Seattle Times