Adam Lambert met Brian May en Robert Taylor.

Byna 30 jaar sedert die Britse rockgroep Queen laas met hul hoofsanger, Freddie Mercury, getoer het, beplan die groep nou ’n toer deur Amerika.

Dié legendariese hoofsanger is in 1991 oorlede. Adam Lambert van American Idol-faam gaan Freddie se skoene probeer volstaan.

Dit is nie die eerste keer dat Adam saam met Queen optree nie. Hy en van die groeplede het al voorheen saam op die American Idol-verhoog verskyn, en ook meer onlangs by die iHeartRadio-musiekfees in September verlede jaar. Kyk hier na ’n video van dié optrede, wat kritici gaande gehad het:

In die groep se persverklaring sê Lambert dat die gedagte aan ’n toer saam met Queen vir hom surrealisties is.

“Ek voel geëerd om so aan Freddie se nagedagtenis hulde te bring. Hy is een van my helde, en ek is dankbaar vir die geleentheid om sulke kragtige musiek vir hierdie legendariese groep se aanhangers te sing.”

Adam was die naaswenner in die 2009-seisoen van American Idol en het sedertdien ’n suksesvolle musiekloopbaan geniet. Hy het vir sy oudisie van die reeks ’n Queen-liedjie gesing.

Kyk hier na ’n video van dié oudisie:

Die groep sal in Junie en Julie in 18 Amerikaanse stede optree.

Bronne: mashable.com, queenonline.com

- Suzaan Hauman