Zetske van Pletzen speel nie meer die karakter Marcel in 7de Laan nie, maar nou het sy tyd om aandag te gee aan ander sake wat haar na aan die hart lê, soos die Quads 4 Quads-geldinsamelingveldtog vir kwadrupleë en parapleë. Sy het vir ons dagboek gehou van haar ervaring.

Sy vertel in haar eie woorde

Quads 4 Quads is ’n off-road-motorfiets-trip vanaf Johannesburg tot by Ballito. Meer as 1 000 km in die stof en modder! Family Adventures reël dit jaarliks. Vanjaar is die 10de Quads 4 Quads gehou. Die geld wat ingesamel word, gaan aan die QuadPara Association of South Africa, ’n liefdadigheidsorganisasie vir kwadrupleë en parapleë.

Die aktrise Christel van den Bergh was vanjaar my partner. Sy het spesiaal opgevlieg van die Kaap om die trip te doen. Ons het met ’n vierwielmotorfiets gery.

DAG 1

[caption id="attachment_57246" align="aligncenter" width="450"]Christel van den Bergh (links) en Zetske van Pletzen op die eerste dag van die Quads 4 Quads-geldinsamelingveldtog Christel van den Bergh (links) en Zetske van Pletzen op die eerste dag van die Quads 4 Quads-geldinsamelingveldtog[/caption]

Almal kom by Carnival City bymekaar. Daar is oor die 800 mense en dis ’n great atmosfeer! Almal word ge-brief en dan, vanaf so 09:00, kan mense begin wegspring. Dit is nie ’n resies nie, dis ’n scenic trip.

Elkeen ry teen sy eie pas. ’n Mens ry elke dag tussen 250 en 300 km. Na ±130 km stop ons op ’n spesifieke plek vir middagete en om te refuel. En dan ry ons verder na waar ook al ons kamp die aand. Alle etes is ingesluit by jou inskrywingsfooi. Die kos is heerlik!

Die eerste dag was daar baie stof. Ons het met maskers gery om die stof uit te hou. Dit lyk baie snaaks! Die eerste paar kilometer is daar heeltyd ander motorfietse rondom jou, maar ná ’n rukkie begin almal uitsprei en dan gaan daar soms kilometers verby dat jy niemand voor of agter jou sien nie. ’n Mens moet die merkers mooi dophou om nie te verdwaal nie. Elke paar kilometer is daar ’n pienk merker (gewoonlik spray paint teen ’n klip) sodat jy weet jy is nog op die regte pad.

Ons was nog nie eens 1 km van Carnival City af nie, toe Altus (Theart, Zetske se man) se voorwiel ’n puncture kry. Gelukkig was ons naby genoeg om om te draai en die mense by die wegspringpunt het hom vinnig gehelp. Dit was genadiglik die enigste teëspoed wat hy op die trip gehad het.

[caption id="attachment_57256" align="aligncenter" width="600"]Christel, Zetske en Altus Momberg Christel, Zetske en Altus Theart[/caption]

Die eerste dag het ons tot op Standerton gery, maar so 6 km voor ons by die kampterrein het ons sonder petrol gaan staan (sien die foto waar ons bedroef lyk – dis hoe ons gevoel het!). So naby aan die einde! Ons het gedink ons sal dit kan maak, maar die quad was toe ’n bietjie dorser as wat ons verwag het.

Ons was omtrent vuil en vol stof toe ons by ons bestemming aankom! En ons duime was seer as gevolg van die throttle wat jy met jou duim druk. Die spier-gel was darem naby!

DAG 2

Soggens is ’n mens vroeg op, jy eet ontbyt, slaan tente af, trek bike gear aan en dan is ons weg! Dag 2 se eindbestemming was Newcastle. So ’n entjie ná middagete is ons deur ’n 1 km lange tonnel. Dit is pikdonker in die tonnel! Selfs met die lig op die quad kon ons skaars iets sien. Eindelik begin ’n mens so wit kolletjie aan die ander kant van die tonnel sien. Dit was ongelooflik (sien foto waar ons voor die tonnel staan).

DSCN0472 TONNEL

In ’n stadium kom ek agter die quad trek na die een kant toe. Toe ons stop, sien ons die een voorwiel is pap. Wat nou gemaak?! Hoe gaan ons twee meisies nou hierdie puncture regmaak? Ons wag toe maar langs die pad tot iemand verbykom. Mans is baie vriendelik as hulle sien daar staan twee dames langs die pad. Almal was baie gretig om te help. Ons het toe Tyreweld in die band gespuit en verder gery. So maklik soos dit!

Ons moes iewers die pienk pyltjie gemis het, want in ’n stadium kom ons by ’n T-aansluiting en ons sien nêrens ’n pienk merker nie. Toe besef ons ons het verdwaal!

Ons het maar omgedraai en teruggegaan om te kyk of ons iewers ’n pyltjie gemis het, maar ons kon niks kry nie. Eindelik sien ons doer in die verte ’n paar motorfietse. Ons ry toe maar in daai rigting, en ná ’n paar keer se links- en regs- en omdraai, het ons uiteindelik weer op die regte pad gekom.

DAG 3

Dag 3 was baie opwindend; ons is deur ’n paar riviere en modderbaddens en is baie trots om te se ons het nie een keer vasgesit nie! Ons is op en af met berge. Nie heuwels nie, berge! Daar is so een klipperige deel waar baie mense vasgesit het, maar weereens was ek baie trots op ons bestuursvernuf. Dis yskoud bo-op die berge en tussen die valleie. Ons is deur verskeie rural villages, met honderde kindertjies.

’n Mens sien plekke wat jy nooit onder normale omstandighede sal sien nie. Ons ry deur die mooiste, digste bosse en dan weer deur oop velde. Ek en Christel is albei mal oor diere en het vir elke koei en skaap gewaai waarby ons verbygery het! Naby ons eindbestemming, Weenen, het dit ’n bietjie begin reën en ons het amper gevries op die motorfiets. Die wind, tesame met die reën, was rêrig onplesierig! Ek en Christel het so gebewe toe ons by die kampterrein aankom, ons kon skaars praat.

DAG 4

Dag 4, die laaste dag, het heeltemal te vinnig aangebreek. Time flies when you’re having fun! Die ongelooflike uitsigte staan vir my uit van hierdie dag. Ons het gereeld stilgehou om foto’s te neem.

Ons vermoed dit was juis een van hierdie kere wat ons van die pad afgery het om ’n foto te neem dat albei ons agterwiele punctures gekry het. Toe ons dit sien, wou ons amper in trane uitbars. Ons het gedink ons trip is verby; ons sal nie kan klaarmaak nie. Gelukkig het ons Tyreweld by ons gehad – dit het mos die vorige keer gewerk. Maar soos wat ons dit inspuit, kom dit net weer uit by die gat in die band! Gelukkig kom Altus-hulle toe soos ridders op ysterperde daar aan. Hulle het toe vir ons skroewe in die punctures gedraai en voilà! Daar is ons bande weer piekfyn.

Die laaste ±50 km ry ’n mens deur suikerrietlande. Dis amazing! Ons het so 16:30 by ons eindbestemming naby Ballito aangekom.