Haidee Muller

DIS weer sulke tyd. Boer Soek ’n Vrou is terug op die kassie en ’n nuwe span boere staan reg om voor die hele land vrou te begin soek. En wie weet wat dié keer in die gramadoelas vir die deelnemers wag.

Die tweede reeks het meer as genoeg aksie opgelewer. In Franschhoek het die vonke gespat, en nie op ’n romantiese manier nie.

Daar het die wynboer Pieter H. sy hande vol gehad toe Lynda en Ashley mekaar skaamteloos aan sy tafel sleggesê het. En op Uniondale was daar groot marakkas toe die vrugteboer Flip vir Wenda plaas toe gebring het sonder die medewete van sy twee kuiergaste, June en Ansebé.

Of vanjaar se 10 ouens – dis nou  Bennie, Keith, Renier, Erik, Pieter, Jacobus, Kleintjie, Hannes, Vlok en Frederick --  ook sulke harde bene gaan kou, weet ons nog nie. Maar ons het ’n paar van verlede jaar se Evas opgespoor om raad te gee aan die klomp voornemende boervroue en sommer ook ’n ietsie te verklap oor verlede jaar se dinge...

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 23 September 2010