’n Vrou van Noord-Carolina in Amerika was onlangs geheel en al onvoorbereid op die nuwe ongenooide ‘gas’ in haar kombuis.

Die gas, vermoedelik ’n koringslang, het homself onlangs ewe luiters in haar eiermandjie tuismaak en na hartelus aan een van die eiers begin weglê.

Laura Neff het die hele gedoente afgeneem en vertel die slang het teen hul speseryrak afgeseil voordat hy die eiermandjie gewaar het.

Dit is onseker hoe die slang in die kombuis beland het.

Kyk die grillerige video hier: