De Villiers het eers die wêreldrekord gebreek vir die vinnigste vyftigtal aangeteken in ‘n eendag internasionale toets van slegs sestien balle.

Daarna het hy die vinnigste honderdtal in ’n eendag internasionaal van slegs 31 balle opgelewer.

Hy het ook die meeste sesse (16) in ’n eendagtoets aangeteken.

Die Proteas het eerste gekolf in die tweede eendag toets teen die Wes Indies. Hashim Amla en Rilee Rossouw was ’n wonderlike openingspaar – beide het meer as honderd lopies in hul beurt aangeteken.

Die openingspaar het 247 in 38.1 boulbeurte aangeteken en die vorige rekord van 235 tussen Gary Kirsten en Herschelle Gibbs teen Indië in Kochi gebreek.

Rossouw was eerste uit 128 vir 115. De Villiers was uit op 149 en Amla het geëindig op 153 nie uit.

Die Wes Indies het nie daarin geslaag om die totaal van 440 na te jaag nie en die Proteas loop nou 2- 0 in die reeks van vyf wedstryde voor.

Bronne: Sport24, EWN, Cricket.co.za