’n Skokaankondiging wat die krieketgeledere en die seëvierende Proteaspan Dinsdagoggend geruk het, dui daarop dat Faf du Plessis inderdaad aan balknoeiery skuldig is.

Dit volg nadat hy verlede week daarvan beskuldig is dat hy met behulp van ’n peperment die oppervlak van ’n wedstrydbal verander het. Faf het sy vinger in sy mond gesteek en waarskynlik ’n mengsel van speeksel en peperment gebruik om die Kookaburra-bal blink te vryf. Volgens die MCC-wette geld die volgende: “Enige veldwerker mag die bal poleer met die veronderstelling dat geen kunsmatige stof gebruik word nie en dat sodanige polering nie tyd verspil nie.”
Faf het deurentyd volgehou dat hy onskuldig is, maar die Internasionale Krieketraad (ICC) se skeidsregter, Andy Pycroft, het anders daaroor gevoel. Hy kon wel vir Faf vir die derde toets tussen Suid-Afrika en Australië geskors het, maar het verkies om dit nie te doen nie. Die twee spanne sê mekaar weer die stryd aan hierdie komende Donderdag. As straf is Faf wel met 100% van sy wedstrydgeld beboet.
Faf se spanmaats het onwrikbaar in sy onskuld geglo en baie sterk ondersteun.
So is die nuus vandag aangekondig:

Hoe Twitter op die nuus reageer het: