Die Proteas se kaptein, AB de Villiers, het ’n aangrypende boodskap vir alle Suid-Afrikaners gedeel in ’n spesiale video oor hoe hulle die span regdeur die Wêreldbeker-kriekettoernooi ondersteun het.

De Villiers bedank almal wat die vroeë oggend-ure trotseer het om die span te sien speel. Hy sê hulle het as ’n baie sterk Protea-span uit die kompetisie getree en dis ’n blywende nalatenskap vir die volgende generasie.