Die Proteas-krieketspeler AB de Villiers en sy vrou, Danielle, se babaseuntjie is Woensdagaand gebore. Dit is die paartjie se eerste kind. Sy naam is ook AB. Krieket Suid-Afrika was eerste om die trotse nuwe ouers geluk te wens en het 'n kostelike foto van die gesin op Twitter gedeel.

Volgens Krieket Suid-Afrika gaan dit goed met die nuwe ouers en het AB gesê hulle is "baie geseënd en dankbaar" en dat dit "goed gaan met Ma en haar seun".

Bronne: Twitter