A photo posted by Sasha Hurly (@sashahurly) on

Onder die gaste wat op dié eiland toegesak het om te sien hoe Quinton en Sasha ewig trou aanmekaar beloof, is Quinton se Protea-spanmaats JP Duminy, Dale Steyn, AB de Villiers en David Miller.

The boys are finally off????? #quinnysbachelors #mauritius2016 #dekockwedding

A photo posted by Sasha Hurly (@sashahurly) on

“Dis ’n klein, privaat troue met net ons naby familie en vriende,” het Sasha vroeër vanjaar aan Huisgenoot vertel. Die paartjie is al meer as drie jaar saam en het in Junie verlede jaar verloof geraak. Die blonde skoonheid het Quinton se oog gevang toe sy destyds haar lyf by krieketwedstryde danseres gehou het. Hy het haar in Junie verlede jaar die jawoord gevra. “Ons het vir ontbyt by die Farm Inn in Pretoria gegaan en toe vra hy of ek in ’n privaat area op die plaas met hul babacheetahs wil speel,” het Sasha destyds vertel.

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Groot was haar verbasing toe sy die ring gewaar wat Quinton aan een van die katjies se bande laat vasmaak het. Praat van romanties! Ons wed die paartjie se troue gaan net so ’n romantiese affêre wees. Van wat ons op Instagram aflei, gaan hulle tuis by die vierster-oord Le Victoria Hotel in Mauritius afhaak. AB se vrou, Danielle, het ’n kiekie van haar en Sasha wat ’n glasie klink op Instagram gedeel en daarby geskryf: “Jy gaan ’n pragtige bruid wees en julle gaan so gelukkig saam wees".

BATchelorettes... ??

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

JP se vrou, Sue, het ook op Facebook en Instagram kiekies van hul tyd daar gedeel. Hieronder was foto's van Sasha se henpartytjie. Die bruid het ook foto's van Quinton en die manne se hanepartytjie op sosiale media gedeel en dit lyk of die spul hulle gate uit geniet. Sue het ook sommer die geleentheid gebruik om haar sexy bikini-lyf op die strand te wys.

Ons kan nie wag om die troufoto’s te sien nie! Hou dié spasie dop . . .